Nederig narsisties ingenome

Die vrydag se laaste werksminute sleep verby soos ‘n swaar onge-olie-de walrus en uiteindelik laat weet my goeie broer my dat hy by my werk se estate-hek wag (my Polo tjor het weereens besluit hierdie ry affêre is mos nie vir hom nie). Read More »

Advertisements

Sugtig

Vir jou wou ek skryf want ek was suinig
Vir jou wou ek hê want jou buitekant skyn
Vir jou wou ek alles neerlê want jy’t gelukkiger as ek gelyk
Vir jou wou ek blomme pluk want dit het geklink

of dit maklik is om jou gelukkig te maak
Vir jou wou ek vashou want ek wou troos
Vir jou wou ek ń pa, broer, oupa en hond wees
Vir jou wou ek aan die slaap sing en

met koffie in die oggend groet
Vir jou wou ek my blootlê
Vir jou wou ek my leegtap
Vir jou wou ek die wêreld wys
Maar ek sien nou dat met “vir jou” ek net

my eie belange in ag wou hou.

Die Lawwe Laverie

Iewers in die middel van ‘n week in Parys dan begin jou handdoek soos ‘n nee ruik en jou onderklere is almal in die used sak. Dan skraap jy al jou moed bymekaar en gaan durf die grou en geautomatiseerde laverie (waskamer) van jou stegie aan, gewapen met jou laaste sente en ‘n geduldige vriend wat saam kan lag (al lag hy nie in Frans nie).Read More »

Klein partytjie

Gerat om te ontsnap uit hierdie holderstebolder leemte

Bly om te behoort aan ‘n kunssinnige gemeente

Verbaas om te ontdek dat baie saam alleen is

Trots om te erken dat sy nog ver van genees is

In die hoekie van haar oog, is daar ‘n klein partytjie.

En haar budgie se groot hart, is ‘n klein rosyntjie.

En orals om haar reel sy sommer klein partytjies, om mense in te kleur en gedroggies te beheer.

Sy weet mens moet grou vir dinge om te vier

En dat baba hasies jou opkikker, summier

En as die donker jou wil smoor [soos hier waar ek nou sit] koop ‘n HAT by Faan en soek “fokkit”.

Herkou

Die band wat ons eens moes bind

het ‘n verband geword.

Dit gebeur as ‘n ander krag my sterker trek

as wat die krag na jou doen.

Dan gee ek amper maklik op

en knip emosieloos ons naelstring,

dan glo ek in my vryheid en die absolute waarheid

wat klaarblyklik wurg.

Die skuldgevoel kom lê warm aan

sodra ek agter kom hoeveel meer ek dit geniet

om aan jou en ons te herkou eerder as om self

daar voor en langs en om jou te wees.

Ek herleef die tweede skyn van die verhouding,

die een wat in my kop sou afspeel.

Maar nou word ek eers man

en verban die gedagtes wat verwytend sluip.

Dan kom Bear’s Den en sing totdat ek oorspoel

van ‘n soete verdriet,

ek weet waaroor hy so uitgelate neul.

Dis die skyn na wat eens was,

maar nou lyk alles heel.

Mis, mis, mis, nou en toe,

ek het jou heeltemal gemis.

Half begin en goed gewin

Ek tik mos nie en bestuur nie, so toe wend ek my tot liewe Siri en vra in my uitermees diplomatiese frans “Route à l’alliance francaise”. So onskuldig soos altyd probeer sy maar interpreteer en kom toe met “Route à l’enfer” (roete na die hel) te voorskyn, ek het daai skermpie so vinnig soos bloos toegemaak om nooit met dié roete hoef bekend te raak nie (en ook om nie uit te vind hoe lank dit vat om daar uit te kom nie).

Read More »